• This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
  •  +27 12 331 2341

'n Onderhoud met Heidi Baker

 

 

574646_10152040241283767_1107883373_n.jpg

Ek het Iris Ministries se Villiage of Joy in Pemba, Noord Mosambiek, besoek deels met die oog op 'n onderhoud met Heidi Baker. My enkel was erg geswel en steeds in 'n verband na twee operasies, maar ek kon darem die dokter (en my vrou!) ompraat om steeds te vlieg.

Was nogal iets om by 450+ woes Charismatiese Christene op krukke op te daag (bietjie soos 'n vuur wat uitbreek in 'n brandweerstasie). Laat ek net dít sê: Daar ís vir my voet gebid!  Die een ou het gesê sy eie been het begin spring toe hy vir my bid. “Wrong leg!” het ek 'n grappie probeer maak - het dit eintlik baie waardeer, beautiful mense.

Ek het 'n paar keer met Heidi kon gesels. Sy het 'n ongelooflike indruk op my gelaat. Een van die mees fassinerende mense wat ek nog ooit raakgeloop het. Moeilik om te beskryf. ʼn Vreemde wese.

My onderhoud met haar het onder andere gegaan oor Moeder Teresa se invloed op haar lewe, met die oog op 'n artikel oor die ooreenkomste tussen twee mense uit totaal verskillende tradisies: die een 'n Katoliek en die ander so Charismaties as kan kom. Ek het in haar boeke gelees - en nou self gehoor - hoe dikwels sy Moeder Teresa aanhaal.

"Our theology is actually the same," was Heidi se eerste reaksie toe ek haar hieroor begin uitvra.

En as 'n boom aan sy vrugte geken word is dit waar. Hulle kom wel uit uiteenlopend verskillende tradisies, maar hulle deel 'n soortgelyke passie vir Jesus en altwee glo dat ons Hom op 'n spesiale manier ontmoet tussen die armstes van die armes.

Hulle teologie is liefde.

Heidi se bediening gee vir meer as 10 000 armes daagliks kos - in Mosambiek alleen. Hulle het meer as 'n honderd kinderhuise, skole en klinieke in Mosambiek en van die armste lande in die wêreld.

Ek het ook gesels met van die mediese personeel en dokters op die basis. Fassinerende mense met amazing stories.

Heidi (ook 'n klein vroutjie) se hele bestaan, net soos moeder Teresa destyds, word geken deur liefde en eenvoud. As jy haar sien het sy 'n kind onder die arm of sit sy tussen 'n klomp Mosambiekse vrouens plat op die vloer in Portugees en gesels. Die hele Villiage of Joy wemel van “haar kinders”, hulle noem haar “Mamma Aida”. Baie van die kinders wat sy jare gelede in haar huis ingeneem het is vandag leiers op die basis.

Sy het met my haar filosofie van “stop for one” gedeel. Elke persoon in nood is belangrik genoeg om voor te stop. Martha, 'n blonde Switserse meisie wat saam met Heidi “beweeg” ('n tipe persoonlike assistent wat soos 'n engel lyk), het my vroeër vertel hoe Heidi al meer as een keer 'n vliegtuig verpas het, “because she stopped for one”.

Heidi en haar man Roland het elk ʼn Phd in sistematiese teologie by ʼn sekulêre universiteit in Engeland.

But I’m not a theologian, I’m a mystic,” sê sy toe ek haar Hieroor uitvra. En ek het haar geglo! Die laaste tyd het ek baie gelees oor Johannes van die Kruis, Teresa van Avilla, Meister Echart, St Francis . . . en as jy Heidi Baker (en Moeder Teresa) in sekere tradisie wil plaas, lyk hulle baie tuis tussen hierdie groepie vreemde mense.

Heidi het haar eie manier van dinge doen. Sy sal byvoorbeeld dikwels wanneer sy 'n lesing aanbied - aan die meer as 400 internasionale studente by Iris se basis in Mosambiek - vir 'n lang ruk plat op die vloer gaan lê in stilte, of kliphard begin bid. Of met die mikrofoon tussen studente of gemeentelede gaan sit terwyl sy preek. Soms sal sy 'n hele lesing aanbied op haar knieë - of op haar rug - ook wanneer sy duisende mense in een van die makro gemeentes in Amerika of Kanada toespreek.

Sy maak ook elke nou en dan 'n vreemde geluid - wat ek nie weet hoe om neer te skryf nie - iets tussen 'n sagte huil en 'n sug.

Toe ek haar ontmoet het vir die onderhoud, het sy in een sin my gegroet en toe sommer dadelik met God begin praat, waarna sy weer oorgeskakel het na my - en elke nou en dan het sy “daai geluid” gemaak. Dit was bietjie vreemd, maar tog het alles heel opreg voorgekom.

Een van die eienskappe van mistici is dat hulle nie die onderskeid maak tussen geestelike en nie-geestelike dinge nie (God is oral, altyd en in alles). Heidi was never out of it - altyd op een of ander manier “in the spiritual zone”. Fascinating om dop te hou!

Aan die ander kant is sy heeltemal plat op die aarde. Ek dink dit was een van die Suid-Afrikaanse dokters, of sy vrou, wat gesê het ek moet oplet hoe totaal sy op die persoon voor haar fokus. Wanneer sy met jou praat voel dit of jy op daardie oomblik die enigste persoon is wat saak maak (behalwe nou vir Jesus natuurlik). Ek het dit elke keer gevoel, selfs in die onderhoud.

My gereformeerde teologie is in die verlede al erg uitgedaag met besoeke aan moeder Teresa se susters of Mercy in Calcutta, nou nog meer so deur Heidi Baker. Jy kan met teologie stry, maar hoe stry jy met liefde? Soos ware Mistici ken hierdie mense duidelik ʼn paar geheime.

 

(Lees my artikel hieroor in Rapport verskyn het: Die illusie van “goeie teologie” )

 

Jaco Strydom

  

 

1426549_10152045868753767_333968037_n.jpg

Hier is ’n paar Heidi Baker qoutes:

It’s not complicated. Just love the one in front of you.”

 

We only do what we do for Him, in Jesus, through Jesus, with Jesus, to Jesus. We make ourselves totally available to Him. What joy to give one’s life for love!”

 

All fruitfulness flows from intimacy.”

 

Sometimes we make things too complicated when we really need to remember that the kingdom belongs to children.”

 

If ministry is not about compassion and passion, let it die.”

 

Love looks like something.”

 

But God's love is big enough to touch any life, to make light out of any darkness. Jesus came that we might have life, so that no more would we have to die in depression, anger or pain. He loved people back to life. He would go anywhere, talk to anyone. And wherever He went, He would stop for the one-- the forgotten one, the one who was rejected, outcast, sick, even stone dead. Even a thief who was dying for his crimes on the cross next to Him. In the Kingdom of God's love there is no sinner who cannot come home.”

 

If you are called as a missionary—a “sent-out one”—then you are called to comfort those who mourn. You are called to love the broken until they understand God’s love—a love that never dies—through you.”

 

The poor know they are in need.”

 

When a poor person dies of hunger, it has not happened because God did not take care of him or her. It has happened because neither you nor I wanted to give that person what he or she needed.”

 

When I held Beatrice, I caught scabies and lice. But it didn’t matter. My only goal is to love more.”

 

 

 1453294_10152044433298767_1376316957_n.jpg

 

 

Nog interessante mense:

               Shane Claiborne

Lesse by my ghoeroes

Die vreemde vrou se trane 

Heidar se storie

Die vryheid van die nonne van Kalkutta

 

 

 


 

 

1461875_10152040194728767_831700995_n.jpg