• This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
  •  +27 12 331 2341

Uitvaagsel

 

sou kon moor as dit moes
verkrag - as dit nie soveel moeite was nie
hy lyk skelm
ruik sleg
lieg vir `n lewe
werk verloor in Pietersburg…
kind dood in Warmbad…
familie in die Kaap…
enige iets vir `n geldjie
die wêreld skuld hom
vloek, leeglê, suip, steel
te lui om te werk
te dom om te dink
al wat hom aan die gang hou is die dors
sy hele lewe stink na alkahol
en God het hom lief