• This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
  •  +27 12 331 2341

HOE HELP EK MY PEL?

Een van jou vriende gaan deur 'n krisis

en kom na jou toe vir hulp. Wat doen jy?

Hier is 'n paar tips:

Luister
Mense in krisis is dikwels vol opgeboude emosie en frustrasie wat net eenvoudig moet uit. Jy kan baie help as jy wys dat jy omgee deur te luister. Goeie vrae help meer as goedkoop antwoorde. Jy het twee ore en net een tong. Probeer om ten minste twee keer meer te luister as te praat.


Bou 'n brug
Baie keer is die krisis van so 'n aard dat jy hom/haar moet help om hulp te kry. Jy kan dalk help deur jou vriend by 'n sielkundige, maatskaplike werker, predikant of onderwyser uit te kry. As hy te bang is of ongemaklik voel, bied aan om die eerste keer saam te gaan. Jy kan net sy vriend wees - iemand anders moet die rol van berader of terapeut inneem.


Wees net daar
In krisistye voel 'n mens dikwels eensaam. Dit voel of jou wêreld skielik stilstaan terwyl die res van die wêreld eenvoudig aangaan. In sulke tye is die teenwoordigheid van vriende baie nodig. Jou blote daar wees kan baie help. Dit is partykeer nodig om net by jou vriend te sit. Nie raad te gee of vra te vra nie, net te sit. As jy nie fisies daar kan wees nie stuur 'n sms of bly in kotak deur Mxit of Facebook. Dit help baie in moeilike tye om te weet iemand dink aan jou.


Bid
God kom by op plekke waar mense nie kan nie. Hy is dié expert in innerlike genesing!

 

Wees kreatief
Maak `n kaartjie, bak 'n koek, reël `n patrytjie, skryf vir hom/haar 'n liedjie of `n gedig, koop 'n chocolate...
Omgee word gespel: M O E I T E

 

 

Kyk na jou eie binnekant
Die beste ding wat jy vir jou vriende kan doen is om te sorg dat dit geestelik goed gaan met jou. Sorg dat jy geestelik groei en iemand het wat jou kan raad gee. Onthou: as jou vriend se krisis jou vou, help dit hom/haar net mooi niks nie. ..