• This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
  •  +27 12 331 2341

Join us!

gathering_Screen_Shot_2016-09-27_at_1.42.31_AM_copy.png 

 

R150

27°11'59.59”S
28°26'57.33”E

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

0844777123

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Loving & Learning #Matlala2016

 Baie dankie aan almal wat gehelp het om hierdie ervaring
vir ons jongmense moontlik te maak!

 

Matlala 2016 was 'n wonderlike sukses. 120 jongmense het vir 10 dae in 8 spanne saam met die Matlala gemeenskap gewerk. Die tema van die uitreik was Loving & Learning.

 

13567142_10154269588988767_862546861447315748_n.jpg

Zandre
Dit was my eerste Matlala uitreik gewees en ek was bevoorreg om baie nuwe mense te ontmoet. Van pas gebore babas tot ouma's en oupa's wat ons met ope arms ontvang het.
   Dit was ongelooflik om te sien hoe ’n span tieners en volwassenes saam werk om God se woord te verkondig deur vriendelikheid, speletjies, sport . . .  en selfs net n glimlag.  Almal was so verskillend maar tog gewillig.
   Na elke dag se uitreik na die gemeenskap was almal vol stof en vol vreugde. Saam het ons as n groep mekaar ondersteun, geleer van mekaar se verskille en gegroei in God se liefde.
   Ek het besef dat om liefde te gee en te ontvang was die hoof doel van die kamp. En dat God se genade groter as ons verbeelding is. Die lewe is onregverdig en soms gebeur dinge wat nie ons skuld is nie MAAR daar is ALTYD hoop. Daar is altyd mense wat omgee.

 

13557884_10154274717653767_1486489012465832069_n.jpg

Jana
Matlala was 'n ongelooflike belewenis gewees! Ek het die geleentheid gehad om deel te wees van al die ministeries en so Matlala in 'n geheel te sien. Dit was fantasties om te sien hoe volhoubaar die projek is en hoe oop die mense is vir hierdie vreemde mense wat by hulle kom kuier! Ek is definitief reg om weer volgende jaar te gaan!

 

13516294_10154274717678767_2213701206256822062_n.jpg

Johan
Matlala216 was soos kattejag!
Ons het onsself tuis gemaak onder ‘n groot Akasia boom net so duskant die teerpad met sewe kilo's stofpad tussen ons en “beskawing”, blou massas water en sonsondergange wat net een Skepper voor verantwoordelik kan wees.
   Ek het gebly tussen die rykstes op aarde. Tussen kinders wie  se tone uit peul by skoene met hemde wat flenters gespeel is op sandvelde het ek die rykes ontmoet. Glimlae was aan die orde van die dag en ‘n lemoen kon enige kwaal in die wêreld regmaak, of dit nou ‘n blou kol op die maermerrie of ‘n snotneus was.
   In hierdie wêreld het dit geensins saak gemaak wat jou bankbalans tans is nie, mens het veel meer rente in liefde verdien as wat ek in ‘n dekade in die bank sou maak. Hier het dit nie eens saak gemaak hoe jou vel vertoon nie, na dag drie was almal in elk geval ewe bruin as gevolg van die stoflaag wat jou omhels. Sien hier was ons almal maar net mense, mense wat afhanklik was van mekaar.
   Ek sien uit na my volgende kuier saam hierdie rykes wat kaalvoet rond hardloop, onder ‘n boom sit en droom, koeie en bokke aanjaag en Afrika-bier drink, want hulle vier fees oor die lewe, terwyl die son sak in die mooiste mengsels van oranje, bloedrooi en silwer.

 

13600336_10154281159028767_5668430123864262598_n.jpg

 


Nicole
Matlala is 'n besonderse uitreik, sodra jy daar aankom en voel hoe die stof jou voete oorneem en die baie gesiggies jou hart begin roer weet jy, jy is op heilige grond. Ek was bevoorreg om in die kids-ministry te dien - vir die 2 keer - wat 'n besonderse lekker ervaring. Daar is iets anders aan 'n diverse kerk, jy beleef hoe baie daar van God in mense se harte uitgeleef word sodra jy begin in gesprekke tree met mense wat anders as jy is. Ek besef al hoe meer dat 'n glimlag 'n taal is wat almal verstaan, dan gooi jy nog dans daarin en dan besef jy, ons is almal net mense met BAIE liefde.* #Loving&Learning

 

13590421_10154281186158767_5193699124382573437_n.jpg

 

 

Baie dankie aan almal wat hierdie ervaring vir ons jongmense moontlik gemaak het!