• This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
  •  +27 12 331 2341

Miskraam


Moet ek bid
En verwag en hoop
En geloof he
Soos daardie dag
Met jou hartklop
Wat stil was
Wat nie was nie
Jy dryf wit op swart
En jy is dood
Uit my lewe my dae en hart gestoot
Want ek het geglo
En ek het gebid
En ek het God gevra
Om jou hartklop
En lewe
En asemteug
In my te dra
Maar ek is ontgin
Van jou are
En jou vel en jou groei
Toe jy
Wit in die swart
Uit my liggaam bloei

♥Tassha