• This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
  •  +27 12 331 2341

Tjomma

Ek soek jou op mxit

…vergeefs.

Jou stem klink anders

al is alles nog dieselle.

Ek mis jou.

Ek breek in op ou dae

en steel herinneringe.

Tye wat afspeel in my kop

…geluk.

Ek mis jou.

My klein voete spring op jou bed

want ek kan nie slap nie.

Dis 3 uur  in die oggend,

en ek sê jou hy’t my gesoen

…huilend.

Ek mis jou.

Ek stap weer

deur elke straat,vinnig,

oppad na erens ,

net weg van dit als

…verdwald.

Ek mis jou.

Jy huil in my arms

ek bloei in joune.

Dit maak ons wie ons is

en almal dink ons is mal

…onwetend.

Ek mis jou.

Ek soek jou op mxit

…vergeefs.

Ek kom nie op nie.

Ek probeer nou die gesteelde terug gee.

Genoeg gedink, onthou, gehuil.

Ek is lief  vir jou.

Ek mis jou.

 

♥ Tassha