• This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
  •  +27 12 331 2341

Pawnshop vir broken hearts

Ek het al my gebroke goed kom omruil
vir nuwe's om te hou.
Ek het hulle probeer plak
maar hulle is onmoontlik om op te bou.
Ek weet die heel stukke
sal ander as my ou goed wees.
Maar dit is vir nou oukei
Ek wil net genees.
Hier gaan dit alles vergete,
en ouderdom sal kom rus.
Maar dit gaan my meer onthou
as wat ek dit ooit sal mis.
Moet dit net nie verkoop nie,
maak nie saak hoe hoog die prys.
Sê net dit is vir "show"
en dit hoort in iemand anders se huis.
As ek later weer sou terugkom
met splinter nuwe goed om te verkoop,
sal ek probeer om iets mooi saam te bring,
soos liefde of hoop.
Maar op die oomblik is daar te veel gemors
wat uit my stoorkamers moet kom
Want ek het nie die pakplek nie,
en die wêreld het nie genoeg gom.

 ♥ Tassha