Baie dankie aan almal wat gehelp het om hierdie jaar se Matlala-uitreik moontlik te maak!

 

11403003_10153434645898uh767_2039632081509662473_n.jpg11665703_10153427403918767_2885528413988832067_n.jpg

 

11009193_10153434646028767_826634391176891157_n.jpg11709521_10153424422763767_5647674542651915687_n.jpg

 

11667451_10153441175173767_7439076602738194161_n.jpgScreen_Shot_2015-07-14_at_10.52.18_PM.png

 

Meer as 120 jongmense het deelgeneem aan die projek. Die eerste naweek is daar gefokus op opleiding en spanbou waarna jongmense in 7 spanne saamgewerk het in die gemeenskap.
    Die hele idee van die projek was aan die een kant om die Matlala gemeenskap te dien, aan die ander kant om ons eie jongmense te leer dat hulle ook ’n verskil kan maak en om hulle te help om ’n klomp basiese vaardighede aan te leer. Dit was weereens wonderlik om te sien hoe ons kinders groei wanneer hulle ontdek dat hulle ’n bydrae het om te lewer - en hoe van die mees uiteenlopende mense denkbaar in Jesus in eenheid saam kan wees. Dit gee mens hoop!