Shane Claiborne het al sogenaamde “groot dinge” gedoen: gepraat op CNN, Al Jazeera en Fox News(!), geskryf vir die Wall Street Journal en Esquire, lesings gegee by Harvard en Princeton, hy het 'n eredoktors graad by Eastern University en word deesdae reg oor die wêreld genooi om te praat by van die mees uiteenlopende gemeenskappe denkbaar . . . Dis vreemd, want dít is nie wat 'n mens sou verwag van 'n maer mannetjie met lang hare wat sy eie klere maak, sy eie groente groei, snaaks praat en kies om 'n lewe van totale eenvoud te leef in 'n arm woonbuurt nie.
Ek het sy boek, The Irresistible Revolution, gelees, maar hierdie was die eerste keer dat ek hom in die “vlees” ontmoet het. Amazing mens! 'n Vreemde vrede hang om die ou.
Shane was die spreker by Groote Kerk se konferensie oor Kerk en Geregtigheid. Hy en sy vrou, Katie, het saam met sewentien van ons in een van ons Echo-huise in die Kaap gebly (Shane het ons skottelgoed gewas).
Iemand soos hy hoef nie te veel te sê nie, sy lewensstyl doen die meeste praatwerk, maar as hy praat (of skryf) maak dit nogal sin om te stop en te luister.
Shane het jare gelede vir 'n tyd lank saam met Moeder Teresa in Calcutta gewerk. Ek het hom gevra of die wêreld nie 'n beter plek sou wees as ons almal soos sy sou wees nie.
Maar Moeder Teresa sou dít nie wou hê nie, was sy antwoord, sy sou nie wou hê dat ons soos soos sy moet wees nie, sy sou wou hê dat ons soos Jesus moes wees!
Ons het gesels oor wat van die kerk geword het en wie sy veronderstel is om te wees. Hy het Phyllis Tickle aangehaal en gesê die kerk het eintlik elke paar jaar 'n “rummage sale” nodig, maar ook dat 'n mens versigtig moet wees om alles weg te gooi. Meer as een keer het dit my opgeval hoeveel empatie Shane met hoofstroom kerke het, ook sy waardering vir eeue oue tradisies - veral vir dié van die mistici en die Woestyn Vaders.
Volgens hom kan die kerk 'n groot rol speel met betrekking tot geregtigheid en sosiale nood. Aan die een kant deur die alternatief te demonstreer - deur in gemeenskap te leef - aan die ander kant deur die groter magsisteme aan te vat, soos ongekontroleerde kapitalisme.
Waarna ons moet streef is nuwe wette - en die toepassing van reeds bestaande goeie wette - wat ruimtes skep vir liefde om in 'n gemeenskap te floreer.
Shane is vriende met 'n paar ouens in dodeselle in die VSA, en is tans besig met die skryf van 'n boek teen die doodstraf.
Hy is uitgesproke teen enige vorm van geweldadige weerstand. Sy geloofsgemeenskap in Philadelphia, “The simple way”, het 'n projek waar hulle letterlik tuingereedskap maak uit gewere.
“Daar mag dinge wees wat belangrik genoeg is om voor dood te gáán,” sê Shane, “maar niks is belangrik genoeg om voor dood te máák nie”.
Hy was self 'n keer of wat al toegesluit. Onder andere omdat hy en 'n paar vriende nag vir nag onwettig in 'n park saam met 'n groepie haweloses geslaap het. Dit het hulle egter die geleentheid gegee om in ware solidariteit met weerloses in die hof op te staan en te veg vir beter wetgewing - en hulle het die betrokke saak gewen.
Shane sê dat vandat hy vir Jesus probeer volg, is hy meer in die moeilikheid as ooit tevore!
“Christianity is at its best when it is peculiar, marginalized, suffering, and it is at its worst when it is popular, credible, triumphal, and powerful,” skryf hy in sy boek, Jesus for President.
Hy is baie uitgesproke daaroor dat die kerk haar doelbewus moet posisioneer saam met die weerloses in die gemeenskap. Dit is die enigste posisie van waar ons met integriteit die groter sisteme kan verander.
Volgens Shane kan die worsteling met armoede en geregtigheid ons bring by 'n herontdekking van 'n lewe van eenvoud in ware gemeenskap.
Kerkmense beskuldig hom soms daarvan dat hy 'n kommunis is. Sy standaard antwoord hierop? As ons sou doen wat Jesus sê en werklik omgee vir ons naaste, sou kapitalisme onmoontlik wees, en die blote gedagte aan iets soos kommunisme eintlik oorbodig.
Ek het iewers gehoor dat hy 'n vegetariër is. Toe ek hom hieroor vra, antwoord hy: “I’m a bad vegetarian!”. Hy wás op 'n stadium, maar dit kompliseer die lewe vir die mense met wie hy uithang, sê hy.
Wat doen Shane en Katie Jo Claiborne vir ontspanning?
“Trek bossies uit, ry fiets en . . . lees?” sê Katie - duidelik 'n bietjie van 'n vreemde vraag.
“Ja, dis omtrent dit,” beaam Shane.
“Veral bossies uittrek!” herhaal Katie - asof dit die lekkerste ding op aarde is.
Die Metodiste prediker, Alan Story, het een aand by die konferensie verwys na die “gewone Christen dinge” wat die nuwe Pous doen, en opgemerk dat die wêreld vandag steeds gefassineer word deur die lewe van Jesus. Shane en Katie is meer radikale voorbeelde hiervan. Hulle wys dat dit ook vandag vir “gewone Christene" moontlik is om actually vir Jesus in radikale eenvoud te volg.
'n Paar quotes van Shane Claiborne:
“All around you, people will be tiptoeing through life, just to arrive at death safely. But dear children, do not tiptoe. Run, hop, skip, or dance, just don't tiptoe . . . ”
“We do need to be born again, since Jesus said that to a guy named Nicodemus. But if you tell me I have to be born again to enter the Kingdom of God, I can tell you that you have to sell everything you have and give it to the poor, because Jesus said that to one guy, too. But I guess that's why God invented highlighers, so we can highlight the parts we like and ignore the rest.”
“And I think that's what our world is desperately in need of - lovers, people who are building deep, genuine relationships with fellow strugglers along the way, and who actually know the faces of the people behind the issues they are concerned about.”
“This is what Jesus had in mind: folks coming together, forming close-knit communities and meeting each other's needs-- no kings, no major welfare systems, no presidents necessary. His is a theology and practice for the people of God, not a set of suggestions for empire.”“When we ask God to move a mountain, God may give us a shovel.”
(lees sy boek The Irresistible Revolution - en laat dit jou lewe ook deurmekaar krap . . .)