Loving & Learning

Screen Shot 2017-08-01 at 11.03.31 AM copy.jpg

DANKIE!

Baie dankie aan almal wat gehelp het om Matlala2017 'n wonderlike groei-ervaring te maak vir ons kinders!
  130 jongmense en studente het vir 10 dae in 8 spanne saam gedroom, gewerk en geleer in die Matlala-gemeenskap.  
  Ons jaarlikse tema is Loving & Learning - en daar was weereens hierdie jaar baie liefde en baie lesse! 'n Groot deel van ons span bestaan uit jongmense wat self uit 'n nood agtergrond kom - jongmense uit ons Echohuise, plaaslike jongmense en kinderhuiskinders. Dis wonderlik om te sien hoe hierdie kinders groei wanneer hulle besef dat hulle nie bloot slagoffers is nie, maar dat hulle ook 'n verskil kan maak.
  Die Matlala uitreik is elke jaar 'n prentjie van hoop: 'n demonstrasie van hoe erg uiteenlopende mense in Jesus se naam oor ekonomiese, kulturele en denominasionele grense heen in eenheid saam kan omgee en dien.

 

19554s161_10155440225923767_2175645909255375380_n.jpg

19732185_10155469069838767_4120058717301281186_n.jpg

19657072_10155454769393767_5320365733845141695_n.jpg

19657067_10155454769383767_2772456421613409542_n.jpg

  Baie dankie vir al die gebede, kos- en boumateriaalskenkings, finansiële bydraes, hulp met vervoer . . . wat hierdie ervaring moontlik gemaak het.

 

The Intention and the Community in Intentional Community

Die illusie van “goeie teologie” (Rapport)

Sê nou die Christene sou vir Jesus volg (Beeld)